Geloftediens op 16 Desember

DIE herdenking van die Geloftefees soos deur Sarel Cilliers aan die Voortrekkers voorgehou is op 16 Desember 1838, word hierdie jaar by die Gereformeerde Kerk Kemptonpark-Noord op die hoek van Veldstraat en Monumentweg gevier.

Dit is die 176e herdenking van die gebeure by Bloedrivier. Hierdie jaar val 16 Desember op ‘n Dinsdag en almal word genooi om hierdie Versoeningsdag saam te kom herdenk.

Die diens sal om 9vm plaasvind en word gelei deur ds Alwyn Tredoux. Die kollekte wat tydens die diens opgeneem sal word, sal aan Allenpark Ouetehuis geskenk word.

Versoening is by uitnemendheid een van die elemente wat kan meehelp tot herstel en heling in ons gebroke samelewing.

Back to top button