Gesprek oor genadedood
Die Diensgroep Leer en Aktuele Sake bied op 12 September vanaf 9vm tot 12nm ʼn gesprek oor genadedood aan.
Dit is gespreksvoering oor die opvattinge rondom genadedood wat tans prominent in die nuus is.
Die geleentheid vind plaas by die NG Gemeente Kempton-Kruin en koffie en beskuit word vooraf bedien. Ligte verversings sal na afloop van die gesprek beskikbaar wees.
Die koste R50 as donasie en gratis vir pensioenarisse. Vir meer besonderhede, skakel dr Bertus Koorts by 082-857-0060 of 011-975 8220.