Hollandse mark by Oranjehof
ORANJEHOF hou weer, op 24 September, sy jaarlikse Hollandse Mark by 57 Ascolonastraat, Bonaeropark.
Bring die hele familie en vriende om die dag saam met die inwoners te geniet.
Die kinders sal vermaak word met ‘n springkasteeel en ander aktiwiteite, terwyl die ouers lekker kan kuier met ‘n koppie koffie of tee en regte Hollandse gebak.
Daar sal verskeie stalletjies wees, met spesiale Hollandse sowel as Afrikaanse produkte.
Parkering is volop en die mark sal van 8.30vm tot 2nm oop wees.
Vir meer inligting, skakel vir Hanny van Emmerik by 011-973-3019 of 082-944-6108.