Karlien van Jaarsveld vertolk Aspoestertjie
Aspoestertjie, ‘n Afrikaanse pantomiene, word van 1-31 Mei in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace opgevoer.
Karlien van Jaarsveld vertolk die rol van Aspoestertjie.
Vertonings sal op Woensdae, Donderdae en Vrydae om 8nm aangebied word, asook op Saterdae om 11vm, 3nm en 8nm; en Sondae om 11vm en 3nm.
Die pryse van kaartjies wissel van R160 tot R250, afhangende van die vertoning.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket en Emperors Palace.