Kermis by AP Kerk in Glen Marais
DIE Afrikaanse Protestantse Kerk Kemptonpark hou op 4 Junie sy kermis vanaf 9vm op die kerkgronde op die hoek van Rietfonteinweg en Pioneerstraat in Glen Marais.
Daar is ontbyt met pap, wors, eiers, kaiings en heerlike moerkoffie uit blikbekers.
Vleis en wors teen billike pryse sal te koop wees, asook roosterbrood en gebraaide wors, lekkergoed, potjiekos, poeding, pannekoek, vetkoek en maalvleis, kerrie-en-rys, jaffels, gebak, handwerk, houtwerk, gebruikte boeke, plante en groente.
Verder is daar ook ‘n teetuin, witolifanttafel, springkasteel, speletjies en skyfskiet. Een van die hoogtepunte is die eg-Hollandse kaas en talle ander stalletjies.
Vir meer besonderhede, skakel Elma by 073-972-1267 of Marietjie by 082-879-7645.