Laerskool Birchleigh hou familiefees

LAERSKOOL Birchleigh hou sy jaarlikse familiefees op 27 en 28 Mei met hope pret vir almal.

Die fees skop Vrydag af met ’n 5km pretloop waar alle fondse wat ingesamel word vir die verspreiding van Bybels gaan.

Kunstenaars soos Jakkie Louw, Brendan Peyper en Juandre Marais tree op, asook drie jeugkore.

Daar sal ook verskeie kosstalletjies wees, ’n pretpark, boerespeletjies vir kinders, potjiekoskompetisies, ’n Harley Davidson-uitstalling en baie ander vermaak.

Kaartjies kos R100 vir volwassenes en kinders bo 12 en R50 vir kinders onder 12.

Vrydag maak die hekke 3nm oop tot laat en Saterdag van 7vm tot laat.

Vir enige navrae, kontak Sanet van der Merwe by 011-972-2127 of Neill Muller by 071-684-6999.

Back to top button