Leer om jou stamboom na te vors

In Kemptonpark bestaan ‘n stokperdjiegroep wat tweemaandeliks bymekaar kom om mekaar te ondersteun en raad te gee hoe om verlore feite oor jou voorsate weer op te diep.

‘n Beginnerkursus word op 26 September in die ouditorium van Birchleigh-Noordbiblioteek in Mooifonteinlaan vanaf 12.30nm aangebied.

Toegang is R50 en lede van die Vriende van die Kempton Park Biblioteke kry afslag.

Vir meer inligting, skakel Wanda Minnaar by 011-972-2711 of 083-289-6190.

Back to top button