Loop vir Jesus

DIE NG Gemeente Bonaeropark hou vanjaar weer ‘n Loop vir Jesus, ‘n fees om God te loof.

Dit vind plaas op 9 en 10 Mei by Dries Niemandtpark in CR Swartrylaan.

Die Vrydagaand van 6nm tot 10nm tree plaaslike kerke se orkeste en Tiro op. Almal is welkom om in die lofprysing te deel.

Almal word genooi om die Saterdag van 8vm tot 7nm daar te wees. Daar sal verskeie kosstalletjies en uitstallings wees. Bring jou eie stoele en gazebo saam.

Spanne gaan ook probeer om die Nuwe Testament van die Bybel met die hand te skryf.

Onbeskaamd, Freda Francis, Trevor Nasser en ander plaaslike kunstenaars tree die Saterdag van 9vm tot 7nm op.

Daar sal ook vermaak vir die kleinspan wees.

Tien persone per span word toegelaat teen ‘n R100 per persoon inskrywingsfooi.

Skakel die kerkkantoor by 011-973-4916 om te bespreek.

Back to top button