Maak ‘n verskil-dag by gastehuis gehou
‘n Maak ‘n verskil-dag word op 23 Mei by Le Chateau Gastehuis in Terenure aangebied.
‘n Motiveringsprediker, Henriette Barnard, sal met die Woord bedien. Daar word ook ‘n ontbyt bedien en kaartjies kos R120, wat ‘n geskenkie insluit.
Kaartjies word voor die tyd verkoop, aangesien die finale getalle op 20 Mei bevestig moet word. Die funksie is vir mans, vroue en jongmense.
Die verrigtinge begin om 8vm en sal teen 12nm klaar wees. Daar gaan ook uitstallings plaasvind en tafels is beskikbaar teen R20.
Om te bespreek, skakel Maria Furstenberg by 011-972-1139 of 081-470-4496.