Manie Jackson kom optree
MANIE Jackson tree op 7 Desember by die NG Gemeente Kempton-Krag op.
Die vertoning begin om 11vm by die kerk op die hoek van Addax- en Birchstrate in Cresslawn.
Die koste is R50 per persoon en dit sluit ‘n pik-en-proe-ete in. Bespreek by Tina van den Berg by 082-359-5608.