Pannekoekfees vir behoeftiges gehou

‘n PANNEKOEKFEES  word op 27 Augustus deur Bethlehem Huis van Brood by Van Dyk Park Primary School in Boksburg aangebied.

Die doel is om kos en klere vir minderbevoorregte mense aan die Oos-Rand in te samel, asook vir die dierebeskermingsverenigings in Boksburg, Brakpan en Kemptonpark.

Daar gaan baie stalletjies wees en bekende sangers. Eetgoed soos boereworsrolle, hamburgers, warmbrakke en pregorolle sal te koop wees – en natuurlik pannekoeke.

Kompetisies om te kyk wie kan die meeste pannekoeke bak en eet word ook aangebied.

Almal is welkom en toegang is R20.

Mense is welkom om donasies van kos, klere, komberse en troeteldierkos te bring.

Daar is pret vir die kinders en ook ‘n biertent.

Vir meer besonderhede, skakel past Barend Botes by 082-537-0564.

Back to top button