Sit die vonk terug in jou verhouding

DIE NG Gemeente Kempton-Kruin nooi egpare uit om te leer hoe om nuut na jouself en jou verhouding te kyk in die lig van hoe God bedoel het dit moet wees.

Dié kursus word op 16 Mei vanaf 8vm tot 1nm gehou en verskaf ‘n veilige omgewing waarin jy en jou maat sonder afleidings kan fokus op jul verhouding.

Die kursus word deur dr Danie Malan, leraar van NG Kempton-Kruin, aangebied.

Die temas wat bespreek word, is my Skepper, my roeping, geloofsekerheid, kommunikasie en konflikhantering, vergifnis, selfbeeld, fisiese Intimiteit, gemoedsgenesing en ‘n toekoms met verwagting.
Die koste van die kursus is R350 per paar.

Bespreek by die kerkkantoor by 011-391-1343.

Back to top button