Versoeningsdiens by NG Kempton-Kruin
DIE herdenking van die Geloftefees soos deur Sarel Cilliers aan die Voortrekkers voorgehou op 16 Desember 1838, word vanjaar by die NG Kerk Kempton-Kruin in Fiskaalstraat gevier.
Almal word genooi om hierdie Versoeningsdag saam te kom herdenk.
Die diens sal om 9vm plaasvind en word gelei deur ds Neels Marais.
Die kollekte wat tydens die diens opgeneem sal word, sal aan Herfsland geskenk word.