Wêreldbiddag vir vroue-diens
‘n DIENS ter herdenking van Wêreldbiddag vir Vroue word Vrydag, 6 Maart van 7.45vm tot 8.45vm by die NG Gemeente Edleen gehou.
Die diens word deur ds Alta Visser gelei en haar tema is “Jesus sê: Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het?”
Vir navrae, skakel die kerkkantoor by 011-976-3204