Winterfees by NG Kerk Birchleigh

ALMAL word genooi na die NG Kerk Birchleigh se jaarlikse winterfees wat oudergewoonte in ‘n groot tent op Laerskool Birchleigh se sportgronde plaasvind.

Vanjaar se fees vind plaas op 29 en 30 Julie. Die verrigtinge begin die Vrydagmiddag om 1nm en hervat Saterdagoggend om 7vm met ontbyt. Vrydagmiddag word ‘n “drive-thru” aangebied en inwoners kan gebruik maak van die kerk se “bel en bestel”-aanbod.

Vir verdere inligting, skakel Dean Reiners by 060-609-5068) of Susan Moolman by 011-391-2498.

Back to top button