Local newsNews

Behoeftiges word gepamperlang

Hulle het 'n wonderlike dag geniet waar hul hare gewas en gesny is

BEHOEFTIGE vroue is Maandag laasweek met ‘n pampersessie by MES bederf.

Die vroue, waarvan sommige haweloos en sommige uit behoeftige huishoudings kom, het ‘n wonderlike dag geniet waar hul hare gewas en gesny is en hulle voet- en handbehandelings ontvang het.

Die dag is deur Anzel Coetzee, eienaar van A Fresh New Start haarsalon, uitgedink.

Sy, Nadine Reinecke en drie ander vroue van The X-Factor haarsalon, het die dag by MES spandeer en die vroue ‘n onvergeetlike ervaring gegee.

Coetzee het gesê dat sy en die jeug van die NG Gemeente Kempton-Kruin elke laaste Dinsdag van die maand na MES gaan om toebroodjies vir behoeftiges uit te deel. Dit is toe dat sy besef het sy wil meer vir die mense doen.

Sy het gesê die idee wat sy gekies het om te volg, is die verhaal waar Jesus Sy dissipels se voete gewas het.

Haar idee om haar tyd en vaardigheid te gebruik om hierdie vroue te help het ook vir Reinecke en ander geïnspireer.

Nadat die vroue na ‘n opbouende praatjie geluister het, is hulle hare gewas, geblaas en gesny. Hul vingernaels en toonnaels is ook mooigemaak.

Die dag is met ‘n heerlike ete afgesluit.

Die kos is geborg deur Scooters Pizza en Shades of Sweet and Savoury Tuisnywerheid, Saints en Babba J’s.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button