Local newsNews

Huur jou aanddrag teen slegs R100

Belle & Boots bied ook ’n klein verskeidenheid skoene en juwele

SOLIDARITEIT Helpende Hand Kemptonpark bied aanddrag te huur teen slegs R100.

“Ons projek, Belle & Boots, gee aan elke persoon wat nie kettingwinkelpryse vir aanddrag kan bekostig nie, die geleentheid om deftige aanddrag te huur teen ’n minimale fooi,” sê Elsie Miller, Vrou-in-Aksie.

Daar is meer as 200 rokke en manspakke om van te kies. “Trourokke, aandpakke, onderbaadjies, deftige manshemde, rokke vir blommemeisies asook aandrokke ideaal vir matriekleerlinge is beskikbaar.”

Die R100 fooi word gebruik vir beide die droogskoonmaak van die aanddrag en befondsing van die tak se ander projekte. Belle & Boots bied ook ’n klein verskeidenheid skoene en juwele vir matriekleerlinge om by hul rok of pak te pas.

Om ’n afspraak te maak of aanddrag te skenk vir Belle & Boots, skakel Miller by 083-225-8632.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button