Scrapbooking-Vriende vier 10 jaar van herinneringe
Die Scrapbooking-Vriende kom elke derde Saterdag om 12nm bymekaar.
DIE Scrapbooking-Vriende vier op 15 Augustus ’n dekade van kuns en kreatiwiteit.
Sedert Ellen Harmse, ’n lid van die Vriende van die Kemptonpark Biblioteke, in 2005 die plakboekklub gestig het, het die Scrapbooking-Vriende al tot 30 lede gegroei.
Die klub kom elke derde Saterdag van die maand om 12nm by die Birchleigh-Noord biblioteek vir ’n 4-uur werksessie bymekaar.
“Elke maand word ’n nuwe projek aangepak en volgens instruksies word die foto’s dan gerangskik en versier. Mettertyd het elke lid ten minste een mooi album opgebou, meestal met die klem op familie- en erfenissake,” sê Harmse.
Jaarliks word die program afgewissel met ’n wegbreek-week wanneer die groep vir ’n hele week by Mount Amanzi naby Hartebeespoortdam plakboekwerk dat die biesies bewe.
Vir meer inligting oor die Vriende van die Biblioteke, Scrapbooking-Vriende of die nuusbrief skakel 011-972-0003 of 072-594-9050.
