Editor's choiceNewsSchools

Jeugland bly jaarliks revue-wenners

Die span werk nou al jare saam en het jaarliks sukses

HOËRSKOOL Jeugland se revuegroep het weer eens vanjaar elke revue-kompetisie waaraan hulle deelgeneem het, gewen.

Hulle het die Kaleidoskoop Revuekompetisie op 5 September in die Staatsteater met 92% gewen. Verder het hulle ook op 29 Augustus die Beyond 2000 kompetisie ingepalm.

Lees ook:

Jeugland se revuegroep is die beste

Jeugie-revue vee teenstanders uit die pad

Op 21 Augustus het hulle aan Kemptonpark Kunswedstryd deelgeneem waar hulle 100% vir hul optrede ontvang het.

Die groep is jaarliks bekend vir hul asemrowende sang- en dansbewegings. Die moeilikheidsgraad van hulle gooie en bewegings word nie maklik geëwenaar nie.

Hoërskool Jeugland se revue wen nou al jare lank feitlik al die kompetisies waaraan hul deelneem. Die groep word bestuur en afgerig deur mevv S Smit (organiseerder), J Ruthven (choreograaf), M Beetge (kostuums en rekwisiete) en Z du Plooy en mnr Rian Swanepoel (opnames).

Die span werk nou al jare saam en het jaarliks sukses met hul revuegroep.

Die wat 2015 se Jeugie-revuegroep graag wil sien, kan Saterdag Hoërskool Jeugland se wildsfees en Jeugiejol bywoon waar die groep gaan optree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button