Local newsNews

Dié boeke is beste verkopers

Skrywer deel haar passie met VLU lede

RESEPTE- en dieetboeke is die beste verkopers deesdae.

So sê Henk Viljoen, ’n oud-onderwyser van Kemptonpark wat deesdae by Nasionale Boekhandel Uitgewers betrokke is.

Viljoen en die bekende skrywer, Esta Steyn, was die sprekers by Denique VLU se jongste maandvergadering.

Viljoen het gesê hulle is tans besig met Boekejolweek waar hulle lees en liefde vir boeke met kinders by verskillende skole deel.

Steyn van Saldanha se boek getitel, Droomdelwers, is die voorgeskrewe boek vir graad 11 in 2017. Sy het haar passie vir skryf met lede gedeel en gesê dit is baie werk om ’n roman te skryf.

Nuwe lede wat deel wil word van die Denique VLU aandtak kan Elize Breytenbach by 083-293-7180 skakel. Hulle vergader een keer ’n maand op ’n Maandagaand by Herfsland.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button