Local newsNews

VIDEO: 100ste herdenking van Geloftefees gevier

'n Kollekte ten bate van Allenpark was ook gedurende die diens opgeneem

DIE Voortrekkers het op 16 Desember hul 85ste bestaansjaar asook die 100ste herdenking van die Geloftefees in Kemptonpark gevier.

Die Versoeningsdagvieringe het plaasgevind by Laerskool Impala vanaf 8vm en was gesamentlik deur die Voortrekkerbeweging en die Geloftefeeskommissie aangebied.

Ds Hannes Janse van Rensburg van die Zuurfontein-gemeente het die dankdiens gelei, waarna die oordleier van Oosvaal Voortrekkers, Josua du Plessis, meer oor die simboliek van die ossewa vertel het, terwyl Voortrekkers ’n ossewa in minder as 15 minute monteer het.

‘n Kollekte ten bate van Allenpark was ook gedurende die diens opgeneem.

Kyk hier na nog foto’s

Die ossewa is daarna deur Voortrekkerkinders tot by die monument getrek, waar die skoolhoof van Hoërskool Kemptonpark, Roelf Burger, die gelofte vanaf die ossewa voorgelees het. Die onthulling van die Geloftemonument en plaat, asook die wegbêre van boodskappe in ’n tydkapsule, het daarna plaasgevind.

Die Frik Swanevelder en Gesin-kakebeenwa is gerestoureer vir deelname aan die verrigtinge, terwyl die Voortrekkers die Geloftemonument gerestoureer het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button