Local newsNews

Reis saam deur Rome by Bybelskool

Die aanbieder is dr Danie Malan

DIE Bybelskool by die NG Gemeente Kempton-Kruin reis die eerste kwartaal deur die wonderlike stad Rome saam met Paulus en Tertius.

Dit is die groot verhaal van God se genade wat groter is as ons sonde en mislukkings.

Die temas van sondeverlossing en dankbaarheid word in hierdie boek verduidelik. Genade verander alles – ons denke, gevoelens, verlede en toekoms.

Die aanbieder is dr Danie Malan. Dit vind plaas elke Donderdagaand van 7nm tot 8.30nm in die Blousaal. Die eerste byeenkoms is op 19 Januarie.

Die koste per kwartaal is R270 ‘n persoon, gesinne R400 en seniors bo 65 is gratis.

Skakel die kerkkantoor by 011-391-1343.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button