Local newsNews

Bekende in rugbykringe in Desember dood

Hy was 'n veelsydige agterspeler wat gereeld op heelagter, senter en losskakel uitgedraf het

‘n Bekende in Kemptonparkse rugbykringe, Gertjie Wolfaardt (64) van Glen Marais, is op 23 Desember dood na ‘n stryd teen kanker.

Wolfaardt, wat op 15 November 1952 hier gebore is, was sy lewe lank ‘n inwoner van die stad.

Hy het reeds op laerskool as ‘n leerder van Laerskool Kemptonpark in Rhodesfield sy merk op die rugbyveld begin maak. Hy het die destydse Transvaalse laerskolespan gehaal en was lid van die eerste kaalvoetspan wat op Ellispark uitgedraf het.

Op hoërskool by Hoërskool Kemptonpark is hy ook vir die Transvaalse hoërskolespan gekies. Hy was ‘n veelsydige agterspeler wat gereeld op heelagter, senter en losskakel uitgedraf het. Sy gunstelingposisie was egter losskakel, het sy suster, Trix Wolfaardt, gesê.

Na sy skoolloopbaan het hy by Kemptonpark Rugbyklub aangesluit en is vir Transvaal se O/20 span gekies. Later jare het hy ook vir Transvaal se A en B spanne gespeel, asook vir die Kwagga Barbarians.

Trix het haar broer as ‘n nederige persoon en allemansvriend beskryf.

“Ons was nege kinders, ses dogters en drie seuns. Daar is nou net sewe oor. My ander broer, Toffie, is in 2011 dood.”

Wolfaardt laat sy vrou Shona, seuns Gerard en Christo, en kleindogter Phoebe agter.

Sy diens was op 6 Januarie vanuit Trinity United Church in Norkempark, waarna hy veras is. Die diens is deur Rev Ron Robertson behartig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button