Local newsNews

Oud-Express redakteur publiseer eerste boek

Die boek beloof om in verskeie lesers se smaak te val

‘n VOORMALIGE redakteur van Kempton Express en verskeie Caxton-tuiskoerante, Theo Eybers (71) van Roodepoort, het laasjaar sy eie boek die lig laat sien.

Omega is ‘n lekkerlees spanningsverhaal met ‘n besondere geestelike aanslag.

“Ek het in 2014 begin skryf en so vyf maande lank aan die boek gewerk. In November 2015 het ek dit aan die uitgewers gestuur en die projek is in Desember verlede jaar voltooi,” vertel Eybers.

Die storie gaan oor ‘n Suid-Afrikaanse universiteitsprofessor, Kobus Venter, wat ‘n lesing in Washington in die VSA oor die omgewing moet gaan lewer. Omdat hy egter ‘n alternatiewe brandstof ontwikkel het, stel sowel die Amerikaanse CIA en die Iranse intelligensiediens, MOIS, in hom belang.

Hy word aangerand en beland in ‘n spioenasienetwerk betrek en die wêreldgeldmag en die Illuminati soek ook sy bloed.

“Dit is ‘n spanningsverhaal, maar met ‘n geestelike vernuwingsboodskap. Sommer ‘n lekkerleesverhaal vol verrassings. Dit is fiksie, maar ek moes ook heelwat navorsing doen.”

Eybers was vir jare ‘n inwoner van die stad en Kempton Express se redakteur tot en met 1995. Sy broer Han was destyds ook bestuurder van Express en die Eybers-broers het vir jare Kempton Nuus gepubliseer. Han is etlike jare gelede dood.

Theo was ook redakteur van onder meer Randburg Sun en ander Johannesburgse koerante en doen tans vryskutwerk vir The Citizen. Hy was ook later bestuurder van die Wes-randse tak van Caxton, wat Roodepoort Rekord, Krugersdorp Nuus en Randfontein Herald publiseer.

Die boek beloof om in verskeie lesers se smaak te val en is beskikbaar by www.publishingworldsa.com en BMA boekwinkels.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button