Local newsNews

Vriende bied kursus in scrapbooking aan

Vroegtydige bespreking is belangrik aangesien benodigdhede aangekoop moet word

DIE scrapbooking-groep van die Vriende van die Kempton Park Biblioteke bied op 4 Maart ‘n werkswinkel aan by Birchleigh-Noordbiblioteek van 9vm tot 5nm.

Die program is:

Praktiese wenke en inligting van 9vm tot 10vm (R20).

Scrapping vir beginners (maak ‘n fotoblad-uitleg) van 10.30vm tot 12.30nm (R70).

Gevorderde scrapbooking (maak ‘n mini-album) van 1nm tot 5nm (R110).

Die koste beloop R180 indien al drie eenhede gedoen word. Bring heelwat foto’s in landskapformaat met ‘n deurlopende tema.

Verversings en benodigdhede is ingesluit in die prys, behalwe die foto’s.

Vroegtydige bespreking is belangrik aangesien benodigdhede aangekoop moet word. Bespreek by Birchleigh-Nnoordbiblioteek se toonbank.

Vir verdere inligting, skakel Ellen Harmse by 011-972-0003 of 072-594-9050.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button