Local newsNews

Gebedskursus by NG Kruin aangebied

Die oggend beloof om groot waarde toe te voeg tot enige persoon se gebedsbelewenis

DIE NG Gemeente Kempton-Kruin en Sinode Hoëveld bied op 4 Maart vanaf 7vm tot 11.30vm ‘n gebedskursus aan.

Bekende sprekers soos dr Johan Smith en prof Stephan Joubert vorm deel van die program.

Die program lyk soos volg:

7vm – inskrywings;

7:30vm – dr Johan Smith (huise wat bid, kommunikeer goed);

8:30vm – ontbyt;

9:30vm – dr Danie Malan (wat doen gebed aan die wêreld om my);

10:30vm – bid is lekker.

Daar is ‘n program vir die kinders ook met dr Johan Smith en Jan Nel.

Die verrigtinge sal in die Blousaal op die kerkterrein plaasvind en die kinders se program in die Rooisaal. ‘n Ligte ontbyt en ander verversings word bedien.

Die koste beloop R100 volwassenes en R50 kinders.

Die oggend beloof om groot waarde toe te voeg tot enige persoon se gebedsbelewenis.

Inskrywingsvorms is op die webwerf by www.kruin-kerk.co.za en by die kerkkantoor beskikbaar.

Vir enige navrae, skakel die kerkkantoor by 011-391-1343.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button