Local newsNews

AfriForum se jeug sê nee vir morsjorse

'Ons sal aanhou druk toepas op die munisipaliteit om die omgewing skoon te hou.'

AfriForum Jeug in Kemptonpark het op Saterdag, 11 Februarie, ‘n skoonmaakaksie by die ingang van die vullisoorlaaistasie in Norkempark van stapel gestuur.

Terselfdertyd het hulle die buurtwag se gemeenskapsreaksie-eenheid ingespan om die skoonmaakspan veilig te hou.

Die munisipaliteit het ook later opgedaag om te help en ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy, MML Sekuriteit, het twee sekuriteitskameras geborg wat opgerig kan word om morsjorse vas te trek.

“Ons sal aanhou druk toepas op die munisipaliteit om die omgewing skoon te hou en die oorlaaistasie te monitor. Ons het ‘n geenstortingsbord aan die hek van die oorlaaistasie aangebring om voornemende morsjorse te waarsku dat daar streng teen hulle opgetree sal word,” sê René Reichel, voorsitter van AfriForum Jeug in Kemptonpark.

“Dit is verblydend om te sien dat die jeug ook aktief betrokke raak en bydra tot ‘n beter omgewing. Pro-aktiewe optrede is die oplossing en jeugbetrokkenheid kan ons help bou aan ‘n beter toekoms,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.

AfriForum Jeug doen ‘n beroep op jongmense in Kemptonpark om betrokke te raak by die plaaslike jeugtak se aktiwiteite. Om die tak se aktiwiteite dop te hou, besoek gerus hulle Facebook-blad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button