Local newsNews

NG kerk hou Saterdag sy jaarlikse basaar

Vanjaar is daar ook ‘n vleistafel beskikbaar waar tuisgemaakte boerewors en lamsvleis te koop sal wees

DIT is weer tyd vir die NG Gemeente Kemptonpark-Noord se jaarlikse kerkbasaar.

Die basaar vind plaas op 4 Maart op die kerkterrein in Highveldweg 99 en begin om 9vm.

Baie eetgoed is beskikbaar en die gewone pannekoeke, boereworsrolle en kerrie-en-rys is beskikbaar. Kom probeer ook hulle kerriejaffels, hoenderkerrie, kerrie-en-stampmielies en spekrolle.

Daar is ook heelwat tuisgebak, groot koeke, terte, beskuit en kleinkoekies. ‘n Teetuin word bedryf en jy kan ontspan met koffie of tee en ‘n soet- of southappie daarby. Moet ook nie die immergewilde basaarpoeding vergeet nie.

Vanjaar is daar ook ‘n vleistafel beskikbaar waar tuisgemaakte boerewors en lamsvleis te koop sal wees. ‘n Witolifanttafel sal jou verseker van winskopies en daar is genoeg vermaak vir die kleingoed met lekkers, ‘n springkasteel en kettieskiet.

Hierdie basaar is die eerste geleentheid waar die Riebeeckpark-gemeente, wat by Noord ingelyf is, saam kan werk om ‘n nuwe era in te lui.

Vir navrae, skakel die kerkkantoor by 011 970 1585 of vir Janet Kunniger by 083 265 1123.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button