Local newsNews

NG Kerk Birchleigh hou weer sy winterfees

Die brandweer en 'n hondeskool tree ook op

DIE NG-kerk Birchleigh hou op 28 en 29 Julie weer sy winterfees by Laerskool Birchleigh.

Op 28 Julie vanaf 1nm en 29 Julie van 7vm tot 2nm sal daar aktiwiteite vir die hele gesin wees asook allerhande lekkernye.

Dené Vorster van Idols-faam en Charlene Knoetze tree Vrydagaand van 6nm tot 8nm op. Kry sommer ook jou aandete daar.

Ontbyt word om 7vm Saterdag bedien. Speletjies en kompetisies vind deurgaans plaas met groot pryse wat gewen kan word. Daar is iets vir almal – bingo, gesigverf, skyfskiet, elektroniese speletjies en vele meer.

Om 10vm is daar ’n “mooi met min”-blommedemonstrasie, waarna deelnemers kans kry om hul eie ruikers vir beoordeling te maak.

Die brandweer is om 11vm daar met ’n demonstrasie waarna ’n hondeskool om 12nm optree.

Vir verdere inligting skakel Dean Reiners by 065 859 5938 of Susan Moolman by 011 391 2498.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button