Local newsNews

Herfsland hou Saterdag weer groot kermis

'n Poppekas word om 10vm vir kinders aangebied

Herfsland hou op 26 Augustus sy jaarlikse kermis op die terrein in Cactuslaan, Allen Grove.

Dit is die grootste fondsinsamelingsgeleentheid vir Herfsland.

Herfsland het maandeliks ongeveer R40 000 nodig om die inwoners te subsidieer wat nie die eenheidskoste kan bekostig nie. Die fondse wat Herfsland by dié geleentheid insamel, word vir hierdie doel aangewend.

Dis ‘n besondere kermis omdat nege gemeentes uit die gemeenskap daarby betrokke is en die tuiste elke jaar ondersteun.

Behalwe vir al die heerlike kos en ‘n klomp stalletjies, is daar vanjaar ook spesiale voorsiening vir kinders gemaak. ‘n Poppekas, naamlik Pinnochio in Sprokiesland, vind om 10vm plaas. Verder is daar gesigverf, tombola en alles wat lekker is vir die kinders.

‘n Fotograaf sal ook beskikbaar wees om herinneringe aan die geleentheid vas te lê.

Vir kaartjies vir die poppekas, skakel Zahne by 011 972 5417.

Daar is ook ‘n potjiekoskompetisie. Inskrywingsvorms is by die kantoor beskikbaar of kan by herfsland@iburst.co.za aangevra word.

Vir meer inligting, skakel 011 972 5417.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button