Local newsNews

Dr Danie bied huwelikskursus by NG Kerk Kempton-Kruin aan

Dit word baie informeel en prakties aangebied en daar word geleentheid vir alleen saamgesels vir elke paartjie gegee

DR Danie Malan van die NG-kerk Kempton-Kruin bied op 2 September ‘n huwelikskursus aan. Die tema is “Liefde vat vlam”.

Die doel van die kursus is om paartjies wat wil trou toe te rus asook om getroude pare te help om beter te kommunikeer en mekaar opnuut te waardeer en saam die Here te dien.

Mense uit vorige kursusse getuig dat hulle geleer het om saam nader aan God te leef, wat die waarde vir hulle gesin is om gereeld saam kerk toe te gaan en tuis saam die Bybel te lees en te bid, en om die aard van liefde te verstaan, hulle verwagting realisties te maak en hulle eie gesindhede te ondersoek.

Praktiese wenke oor rolverdeling, kommunikasie, konflikhantering, tydsbestuur en begrip vir mekaar se seksuele behoeftes word bespreek. Daar word ook gekyk na persoonlikhede en sosiale style van interaksie.

Dit word baie informeel en prakties aangebied en daar word geleentheid vir alleen saamgesels vir elke paartjie gegee.

Die kursus word van 9vm tot 1nm by die kerk in Fiskaalstraat aangebied.

‘n Inskrywingsfooi van R450 per paartjie, wat ‘n ete insluit, word gevra. Alle ouderdomme is welkom.

Om te bespreek, skakel die kerkkantoor by 011 391 1343.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button