Local newsNews

Israel vereer pastoor van Van Riebeeckpark na 200 toere

‘As ek so terugkyk, moet ek sê dit was a lang tyd, maar beslis die moeite werd’

‘n Bejaarde inwoner van Van Riebeeckpark is in Israel vereer vir die meer as 200 toere wat hy sedert 1969 na dié land onderneem het.

Die afgelope 48 jaar was pastoor Rykie Steyn (78) bevoorreg om nie net dié land gereeld te besoek nie maar het hy ook bekende Israelies ontmoet.

Steyn, wat die afgelope 15 jaar in Kempton Park woon, het Menorah-toere in 2009 begin en talle Suid-Afrikaners na Israel, Egipte en Jordanië geneem.

In 1991 is hy deur die destydse burgemeester van Jerusalem, Ehud Omer, vereer omdat hy die stad aangemoedig het om die Hezekiah-tonnel te heropen. Dit was vir baie jare gesluit.

‘n Foto van ‘n baie jonger past Rykie Steyn.

In 2010, tydens sy 100ste toer na Israel, het hy en sy vrou Grieta die vryheid van die stad Jerusalem van die Israelse toerisme-liggaam ontvang. Sewe jaar later, in Mei vanjaar, was Steyn weer bevoorreg om vir sy 200 toere na die land vereer te word, dié keer deur die Jerusalem Development Authority. Die seremonie het by die Premier Caesar Hotel in Jerusalem plaasgevind.

“As ek so terugkyk, moet ek sê dit was ’n lang tyd maar beslis die moeite werd. Terwyl ek nog pastoor was het ek gereeld tydens my vakansies getoer. Vandat ek afgetree het, het ek meer tyd daarvoor gehad,” het Steyn gesê.

“Terwyl ek in Israel was het ek besoekers by die lughawe opgetel en op toer geneem. Sodra ek met een groep klaar was, was die volgende groep al weer op die lughawe. Ek dink die langste wat ek aaneen in Israel was, was ses maande.”

Hy het gelukkig altyd saam met sy vrou gereis, wat ook naby die 200-merk staan.

One of the large South African groups pastor Rykie Steyn brought to Israel many years ago.

‘n Trotse Grieta het gesê: “Menorah-toere het al meer as 8 000 toeriste na Israel, Egipte en Jordanië geneem. Noudat ons kinders groot is, het ons tyd om langer daar te bly – so lank dat ons Suid-Afrikaanse kos begin mis.”

Rykie het ‘n besondere vriend, Shlomo Kitzak, gemaak. Saam is hulle by verskeie welsynsorganisasies betrokke, waaronder Life Line vir bejaardes, ‘n kinderhuis in Tel Aviv en Misgav Ladach-hospitaal.

“Ek onthou op 20 Mei 1987, tydens die amptelike opening van die Misgav Ladach-hospitaal, het ek die voorreg gehad om saam met die staatspresident van Israel, Chaim Hetzog, te eet, asook die Israeliese premier Yitzhak Shamir en die burgemeester van Jerusalem, Teddy Kollek. Ander hooggeplaasde staatsamptenare was ook by die geleentheid by die King David Hotel in Jerusalem teenwoordig,” het Rykie vertel.

Rykie hoop om volgende jaar hierdie tyd 230 toere op sy kerfstok te hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button