Local newsNews

Kamerkoor hou oudisies, laaste konserte

Die kamerkoor neem ook deel aan die East Rand Coral Artists-kersprojek op 25 November by AGS Kaleideokerk

DIE Rheinberger-kamerkoor het ‘n baie geseënde koorjaar beleef.

Die koor het aan verskeie konserte, kerkoptredes en koorfeeste deelgeneem en bereik nou weer die einde van ‘n geseënde jaar.

Daar is nog ‘n paar konserte wat voorlê. Dit sluit in ‘n kersoptrede op 5 November by die NG-kerk Sonhoogte in Germiston om 9vm en op 19 November by NG-kerk Witfield in Boksburg om 6.30nm.

Die kamerkoor neem ook deel aan ‘n baie groot konsert as deel van die East Rand Coral Artists-Kersprojek op 25 November om 6.30nm by AGS Kaleideokerk.

Die koor sal bestaan uit ongeveer 150 koorsangers en dit beloof om ‘n wonderlike ervaring te wees. Persone wat belangstel om dié baie spesiale Kerskonsert by te woon, kan kaartjies voor die konsert by die deur kry.

Dit is ook nou die tyd vir die kamerkoor se oudisies vir 2018 en enigiemand wat belangstel is welkom om

‘n afspraak te maak. Die oudisies vind plaas op 4 en 11 Oktober by die NG-kerk Kempton-Kruin in Fiskaalstraat vanaf 6.30nm tot 7.30nm.

Skakel Maralie Theron by 083 226 1886 om ‘n afspraak te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button