Local newsNews

Bekende oud-huisagent van die stad sterf op 74

Hy laat sy vrou, kinders en kleinkinders agter.

‘n VOORMALIGE eiendomsagent van Kemptonpark, Pieter Venter (74) is op 10 Oktober dood.

Hy was vir 25 jaar aan Happy Homes in Kemptonpark verbonde voordat hy en sy vrou Madelein twee en ‘n half jaar gelede na die suidkus verhuis het.

Hier het hulle eers ‘n biltongwinkel bedryf en tot en met sy dood ‘n karwas.

Hy het altyd tyd vir ‘n geselsie gehad en was baie hulpvaardig en behulpsaam. Hy was ook baie gasvry en altyd reg om ‘n vleisie op die vuur te gooi.

Hy was die afgelope paar maande siek en gereeld in en uit die hospitaal.

Hy laat sy vrou, kinders en kleinkinders agter.

Sy verassingsdiens is op 19 Oktober in Margate.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button