Local newsNews

Ouma Hessie is ‘reguit hemel toe’

Sy was een van Hoërskool Kemptonpark se eerste hoofmeisies.

EEN van Hoërskool Kemptonpark se eerste hoofmeisies, Hester (née Wolfaardt) Oosthuizen is op 1 Augustus in Rustenburg dood.

Sy was hoofmeisie by die skool in 1956 en sou op 27 November haar 80-ste verjaarsdag gevier het.

Sy en haar gesin het vir jare in Rustenburg gebly, waar sy die laaste tyd in ‘n aftree-oord tuisgegaan het.

Haar familie het die afgelope Paasnaweek haar komende 80ste verjaarsdag met ‘n partytjie gevier. Haar man, Jannie, is in 2003 oorlede.

Volgens haar suster, Trix Wolfaardt van Edleen, was Hester al die jare ‘n huisvrou en lid van die VLU vir bykans 40 jaar. Sy het haar merk in Rustenburg gemaak as ‘n baas-beskuitbakster en was ook ‘n beoordelaar by die Rustenburg-skou.

“Ouma is reguit hemel toe,” het haar kleinkinders na hul Ouma Hessie se dood gesê.

Sy het ses kinders gehad, waarvan een dood is. Sy het ook 14 kleinkinders en agt agterkleinkinders.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button