NewsSchools

Boetie en sussie praat bekers los

Tertius is die nasionale wenner.

‘n Broer en suster van Laerskool Van Riebeeckpark het vanjaar talle trofees losgepraat.

Tertius van der Walt het op 14 Oktober aan die landsfinaal van Radikale Redenaars deelgeneem en as nasionale wenner van die Graad Twee Afrikaanse afdeling uitgetree.

Tydens Kemptonpark se streekredenaarskompetisie het hy en sy sussie Erika ook met talle trofees weggestap.

Erika (Graad Ses) was eerste in die Afrikaanse afdeling. Sy het ook die trofee vir die algehele beste Afrikaanse spreker Graad Ses en Sewe, asook die tweetaligheidstrofee in dié afdeling gewen.

Tertius (Graad Twee) was eerste in die Engelse afdeling en het ook die tweetaligheidstrofee vir Graad een tot Drie verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button