Oos-Rand Mannekoor hou oudisies
Die koor is tans onder leiding van Hester van der Westhuizen en word deur Johan Viljoen begelei.
DIE Oos-Rand Mannekoor hou sy jaarlikse oudisies op 3, 20 en 27 November by Maranatha Christian School in Dannweg.
Alle mans wat graag wil sing word na die oudisies, wat om 7nm begin, uitgenooi.
Bladsang en koorervaring is nie ’n vereiste nie. Die oudisie is net daar om vas te stel in watter stemgroep jy sing en of jy nootvas is.
Die koor sing ’n wye repertorium van musiek om ander te inspireer en om die vreugde van musiek te kan geniet.
Die koor is tans onder leiding van Hester van der Westhuizen en word deur Johan Viljoen begelei. Die stigter en organiseerder van die koor is Herman Lamprecht.
Indien jy belangstel, skakel Lamprecht by 082 440 0385.
