Local newsNews

Egpaar vier 50 jaar op hul fietse

Daan en Marlene, gebore Haupt, is in Northmead in Benoni getroud.

’n EGPAAR wat die afgelope 37 jaar in Bonaeropark woon, het in Septembr hul 50ste huweliksherdenking gevier.

Daan (80) en Marlene (70) du Toit is nog baie aktief en het vroeër vanjaar Rottnest-eiland in Wes-Australië met hul fietse gaan verken.

Daan het ’n kleurryke geskiedenis agter hom. Nadat hy in 1955 in Mosselbaai gematrikuleer het, het hy by die lugmaggimnasium aangesluit.

Hier het hy opleiding op die lugmag se seereddingsbote by Langebaan ontvang.

EEN van die reddingsbote, of “crash boats” soos dit ook bekend gestaan het, waarop Daan du Toit opleiding ontvang het. Die foto is deur die Cape Argus Kaapstad geneem.

Hy het daarna as laboratorium-assistent vir Sasol gewerk voordat hy vanaf 1958 tot 1961 voltyds by Heidelberg Onderwyskollege studeer het.

Na sy studies het hy in 1962 onderwys by Hoërskool Volksrust gegee voordat hy in 1962 by die eertydse SA Weermag aangesluit het.

Hy het op 52 jaar vervroegde pensioen geneem.

Hy en Marlene, gebore Haupt, is in Northmead in Benoni getroud. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders.

DAAN en Marlene du Toit op hul troudag 50 jaar gelede.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button