Local newsNews

Hartaanval eis oupa se lewe

Jan was vir jare by die boubedryf in Kemptonpark betrokke en het sy eie onderneming bestuur

JAN Maré (64), wat bykans sy hele lewe in die stad gewoon het, is laasweek Dinsdag onverwags dood na twee hartaanvalle.

Volgens sy vrou Gina het hy verlede Maandag ‘n ligte hartaanval gehad waarna hy in die hospitaal opgeneem is. Die tweede hartaanval, wat sy lewe geëis het, was in die vroeë oggendure Dinsdag.

“’n Groot boom het geval,” het sy aan Express gesê. “Hy sou nooit iemand skade doen nie. Hy was ‘n goeie mens.”

Jan, wat een van ses kinders was, het in 1972 by Hoërskool Kemptonpark gematrikuleer. Hy en Gina is in 1977 getroud en het een kind, Marco, wat tans saam met sy gesin in Kanada bly.

Jan was vir jare by die boubedryf in Kemptonpark betrokke en het sy eie onderneming bestuur. Hy en Gina het vir agt jaar na die Kaap verhuis voordat hulle weer na Kemptonpark teruggekeer het.

Hy laat sy vrou Gina, seun Marco, skoondogter Alexandra, kleindogter Sabrina (2), drie broers en ‘n suster agter.

Sy roudiens is vandag (Woensdag) by die NG Kerk Bonaeropark waarna hy in Bredell-begraafplaas begrawe sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button