DIE riooluitlaat in die Swartspruit voldoen nie aan minimumvereistes nie.
Die burgerregtewaghond AfriForum het die riooluitlaat in die Swartspruit op 17 Augustus en weer op 12 Oktober getoets. Sanas-geakkrediteerde watertoetse is gedoen.
Lees ook:
• First tests find indication of faeces and high phosphate in Swartspruit – AfriForum
• Motion on Swartspruit falls on deaf ears
• Swartspruit pollution: metro takes action
“Ons het bepaal dat die riooluitlaat nie aan minimumvereistes voldoen nie. Die uitslag van die watertoets was positief vir fekale koliforme, E. coli, nitrate en fosfate, waarvan die konsentrasie nie binne die gestelde perke was nie,” sê Marie Naude, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Suid.
Die tweede ronde toetse is gedoen nadat die plaaslike AfriForum-tak tevergeefs verskeie skrywes en vergaderingsuitnodigings aan Ekurhuleni gestuur het.
“Die Swartspruit verval en die munisipaliteit doen niks om die probleem aan te spreek nie. Ons is op ’n punt waar ons as ’n gemeenskap standpunt moet inneem en iets aan die probleem moet doen. Ons kan nie toelaat dat die onbevoegdheid van munisipale amptenare besoedeling van ons kosbare waterbronne veroorsaak nie en daarom beplan ons om aksie te neem.
“Ons vra inwoners om AfriForum die mandaat te gee om watergehalte deurlopend te moniteer. SMS ‘Kempton Park’ na 45342 om hierdie aksie te ondersteun.
“Elke SMS kos R1,” sê Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kemptonpark-tak.
