Local newsNews

Oud-Kempie sê Express se slaagsyfer vir matrieks is verkeerd

Die slaagsyfer moet eintlik 92.6% wees en nie 89.3% soos Express deurgegee het nie

Luke van Eyk, ‘n derdejaar meganiese ingenieurswese student en oud-Kempie skryf:

Ek wil graag poog om die persentasie deur Kempton Express deurgegee reg te stel en daarna vir geinteresseerde lesers ‘n volledige verduideliking te gee oor hoe die regstelling werk.

Eerstens, laat ek noem dat die eintlike persentasie van matriekleerders wat in Kempton Park geslaag het, nie 89.3% is nie. Dit is effens hoër, met ‘n gemiddeld van 92.6%.

Also read:

• Local matrics achieve 89.3% pass rate

Let wel dat dit slegs met die inagneming is van die skole wat aangegee was op Kempton Express se publikasie.

Laat ek verduidelik hoe ek wiskundig by my 92.6% uitkom. Om dit te doen, wil ek eerstens verduidelik waarom die 89.3% verkeerd is.

Hoe kom ons by 89.3% uit? Wel, dis heel eenvoudig. Ons plus al die gemiddelde slaagsyfers van die skole saam en deel dan deur die aantal skole wat daar is. Dit kry ons by 89.3%. Dit is ongelukkig nie wiskundig reg nie. Ek voel die eenvoudigste manier om hierdie konsep oor te dra is deur ‘n voorbeeld:

Kom ons sê Kempton Park het twee skole, skool A en Skool B. Skool A het 1 000 leerders en 10% van die leerders het geslaag. Skool B het 100 leerders en  90% van die leerders het  geslaag.

Met ons vorige logika sou ons sê (10%+90%), gedeel deur twee skole, gee vir ons ‘n 50% slaagsyfer. Met ander woorde sê ons 50% van 1 100 (1000+100) leerders, wat 550 leerders is, het geslaag.

Dit is egter verkeerd, aangesien 100 leerders van skool A (10% van 1 000) en 90 leerders van skool B (90% van 100) geslaag het.

Nou is ons totaal 190 leerders wat werklik geslaag het, nie 550 soos aangegee deur ons vorige logika nie. Wat het dan verkeerd geloop?

Ek hoop lesers kan tot dusver waardering toon vir hoe groot verskil so klein logikafout kan hê.  Hoe pas ons die regte logika toe?

Dit is bietjie meer kompleks, maar heel logies: Ons moet die skole volgens hulle groottes “weeg”. ‘n Skool met meer leerders moet meer “sê” hê oor wat die eintlike gemiddeld is. Kom ons keer terug na ons voorbeeld:

Skool A het 1000 uit die 1100 leerders in Kempton Park. Hulle moet dus ‘n 90.9% (1000/1100) sê he oor wat die persentasie is. Net so moet Skool B, wat 100 uit die 1100 leerders in Kempton Park het, darem iets bydra met hul 9.1% (100/1000). Die wiskunde volg dan so:

90.9 % gewig maal met 10% slaagsyfer van skool A
PLUS
9.09 % gewig maal 90% slaagsyfer van skool B
= 17.27 % van leerders moet slaag. Kom ons toets ons resultaat.

17.27% maal 1100 leerders in Kempton = 190 leerders wat slaag. Die wiskunde werk.

Kom ons keer dus terug na ons werklike Kempton-matrieks. Hier volg die wiskunde:

Daar is 1 558 matrieks in die artikel as ons al die getalle in hakies saamtel. Kom ons kry die geweegde gemiddelde deur elke skool te weeg volgens hoeveel leerders hulle het en te maal met hul slaagsyfer (net soos in die voorbeeld):

Maranatha: (63/1558)  maal 100% slaagsyfer = 0.0404
Supero: (27/1558)  maal 100% slaagsyfer = 0.0173
Windsor: (16/1558)  maal 100% slaagsyfer = 0.0103
Panorama: (9/1558)  maal 100% slaagsyfer = 0.0058
Jeugland: (166/1558)  maal 98.8% slaagsyfer = 0.1053
Norkem: (151/1558)  maal 98% slaagsyfer = 0.0950
Kempton: (258/1558)  maal 97.4% slaagsyfer = 0.1613
Sir Pierre: (177/1558)  maal 94.9% slaagsyfer = 0.1078
Spartan: (71/1558)  maal 93% slaagsyfer = 0.0424
Birchleigh: (265/1558)  maal 92.8% slaagsyfer = 0.1578
Oos-Rand: (10/1558)  maal 90% slaagsyfer = 0.0058
Rhodesfield: (210/1558)  maal 84.3% slaagsyfer = 0.1136
Oxford: (46/1558)  maal 82.6% slaagsyfer = 0.0244
Sunrise: (40/1558)  maal 75% slaagsyfer = 0.0193
St. Christopher: (29/1558)  maal 62.1% slaagsyfer = 0.0116
Taalnet: (20/1558)  maal 60% slaagsyfer = 0.0077

Alles saamgeplus: 0.9257 wat herskryf kan word as 92.57%.

Dus kom my brief tot ‘n einde en ek hoop dat die Kemptonparkers bietjie slimmer af is na my brief.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button