Egpaar van Allen Grove is 59 jaar getroud
Hulle spog ook met 11 kleinkinders en twee agterkleinkinders.
‘n EGPAAR van Allen Grove het op 3 Januarie hul 59ste huweliksherdenking gevier.
Fritz (79) en Antjie (78) Olivier is in 1959 in Pretoria getroud en het in April 1962 na Kempton Park verhuis.
Die egpaar het vier kinders, waarvan drie nog lewe – twee dogters en ‘n seun.

Hulle spog ook met 11 kleinkinders en twee agterkleinkinders.
Fritz het tot sy aftrede vir SA Lugdiens gewerk en is nou ‘n besige pensioenaris wat daarvan hou om besig te bly met tuinwerk en allerlei goed. Antjie is steeds ‘n tikster van mediese verslae by ‘n plaaslike ginekoloog.
Hulle kinders is dankbaar dat hulle nog bymekaar is en dat hul gesondheid nog redelik goed is.
“Ons waardeer die voorbeeld wat hulle vir ons gestel het en hoop hulle is nog baie jare vir mekaar gespaar.”
