2017 was ’n fenominale jaar vir Hoërskool Kempton Park wat met ’n driekuns by die distrikstoekennings weggestap het.
Nadat die Kempies eers as beste akademiese skool aangewys is, het die ongelooflike eer hulle ook te beurt geval om laasweek ook as sekondêre sportskool van Ekurhuleni aangewys te word en ’n tweede plek as sekondêre kultuurskool in Ekurhuleni te behaal.
Leerders wat toekennings gekry het, was Marc Pritzen, Anika du Plessis (albei tweede sport), Wiehann Minnie en Chané van Niekerk (albei eerste kultuur).
Lees ook:
• Kempies aangewys as top akademiese skool in distrik
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
