NewsSchools

Jeugland skenk aan kinderhuis

Tien persent van die geld wat deur debutante ingesamel is, is aan die kinderhuis oorhandig

Hoërskool Jeugland se hande het nie net die waterkrisis in die Kaap geraak nie, maar die Jeugies ploeg ook terug in die gemeenskap.

In 2017 het nie minder nie as 51 debutante projekte bestuur om geld in te samel wat die skool kan aanwend om die terrein en die skool se voorkoms op te knap.

Hulle het ’n pragtige bedrag van R91 600 ingesamel. Daar is goed gedink om 10 persent van die geld aan ’n liefdadigheidsorganisasie te skenk.

Die skool het op Môrester-kinderhuis besluit. Lize Swart, hoof van ongeveer 50 kinderhuise regoor die land, waarvan Môrester een is, het die R9 160 namens die skool in ontvangs geneem.

Sy het die Jeugies en personeel bedank vir die uitsonderlike werk wat hulle gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button