NewsSchools

Jeuglanders dra by vir Bybels vir graad 7-leerders

Vanjaar sal die agtste keer wees dat die Wordriders die lang pad aandurf om Bybels in die hande van graad 7-leerders te plaas.

Leerders van Hoërskool Jeugland het besluit dat die projek van die Bybelgenootskap van SA, #BibleBuddies, so verdienstelik is dat hulle dit voluit ondersteun het.

Op 12 Maart is R7 200 aan dr Francois Sieberhagen van die Bybelgenootskap oorhandig.

#BibleBuddies is daarop gerig om kinders in bevoorregte skole aan te moedig om betrokke te raak by ’n minderbevoorregte skool deur Bybels aan graad 7-leerders beskikbaar te stel.

Jeugland het deel geword van hierdie projek en het ’n fondsinsameling geloods waartydens die leerders donasies inbetaal het. Die bedrag geld wat ingesamel is sal aangewend word om Bybels vir leerders aan te koop wat deel is van die skole in die Wes-Kaap wat hierdie jaar deur die motorfietsgroep Wordriders besoek gaan word.

Vanjaar sal die agtste keer wees dat die Wordriders die lang pad aandurf om Bybels in die hande van graad 7-leerders te plaas. Die Wordriders is ’n groep motorfietsryers wat as vrywilligers jaarliks onder die vaandel van die Bybelgenootskap byeenkom om skole te besoek en Bybels aan graad 7-leerders te oorhandig.

Daar word op skole waar kinders nie ’n Bybel kan bekostig nie gefokus.

Vanjaar se toer vind van 16-20 April plaas. Veertig motorfietsryers wat van regoor die land bymekaar kom, sal ongeveer 1 000km in die Wes-Kaap aflê om sowat 3 000 Bybels te versprei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button