NewsSchools

Impies skenk 30 000 liter water vir skool in Kaap

Laerskool van Riebeeck Park en Laerskool Kreft het ook water bygedra.

Met die droogte wat die Wes-Kaap getref het, help elke druppel water.

Niemand weet dit beter as Laerskool Impala nie. Dié skool het op 16 Maart sowat 30 000 liter water aan die Moederstad geskenk.

’n Ses-en-dertig-ton Benhaul Interlink-vragmotor het die massas water gelaai. Dié het gou-gou in die pad geval na die Kaap, waar Tableview Primary School die geskenk van water sal ontvang.

Hierdie projek het reeds vroeg in die jaar afgeskop. Laerskool van Riebeeck Park, Laerskool Kreft en besighede in Kempton Park het water bygedra om die Impies se projek ’n sukses te maak.

“Dit is wonderlik om te sien hoe ’n gemeenskap kan saamstaan in ’n tyd van nood,” het die skool in ’n verklaring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button