NewsSchools

KYK: Kruinie-koor ‘warrie’ nie meer na skenking van rugsakke

'n Inbraak by die skool het dié koor sonder klere gelaat.

Laerskool Kruinsig se junior koor, of te wel die Warriekoor ,het een ding minder om hulle oor te bekommer nadat databestuurmaatskappy Redstor vroeër die week rugsakke aan koorlede geskenk het.

Dit nadat dié topkoor, wat gekies is om later vanjaar aan die wêreld-koorkompetisie in Tshwane deel te neem, se koordrag gesteel is. Hul uniforms, sowel as materiaal vir nog, is tydens ’n inbraak gesteel.

Hierdie Skotse uitrustings moes gou-gou vervang word, wat geen geld gelaat het vir ekstra uitgawes nie.

Gelukkig was weldoener en Redstor-werknemer Duan Botha sowat 20 jaar terug self in juffrou Antionette Nightingale se spogkoor. Daarom het hy Redstor aangepor om die skenking te maak. Celeste Beetge van dié maatskappy het die rugsakke aan Nightingale oorhandig.

Boewe kon nie dié koor se opgewondenheid demper nie. Hulle gaan later die jaar Suid-Afrika by die wêreld-koorkompetisie in Tshwane verteenwoordig. Voor is die junior koor en agter die seniors.

“Ons is baie dankbaar,” het Nightingale aan haar sowat 50 koorlede gesê. “Om ’n rugbyspan te borg is een ding, maar om ’n groot koor te borg is iets heeltemal anders.”

Die klein koorlede was duidelik in ekstase oor dié groot geskenk. Onder begeleiding van twee pianiste, ’n violis en hul koorjuffrou wat dirigeer, het hulle vir die klein gehoor van ouers gesing. Meeste se wangetjies was nog rooi, of die hare deurmekaar, wat verklap het dat pouse nie lank terug was nie. Tóg het nie een se oë van hul geliefde juffrou afgedwaal nie.

“Ek gaan die sakke maar vir julle gee om huis toe te vat,” het Nightingale geskerts, “want miskien is die huis in die stadium veiliger as die skool.”

Die koor was in ekstase oor dié groot geskenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button