Hoërskool Jeugland het Lefra-produksies se Revue!-kompetisie gewen.
In die finaal by Carnival City het Jeugland stof geskop in die oë van die ander semi-finaliste, Hoërskool Hugenote van Springs, Hoërskool Midstream College van Pretoria en Hoërskool Hans Moore van Benoni.
Revue! is ‘n opwindende revuekompetisie vir laer- en hoërskole wat Sondae op kykNET NOU! (Kanaal 146 op DSTV) om 5nm uitgesaai word.
Die beoordelaars is aktrise en skrywer Annette Engelbrecht, bekend vir haar rol as Maggie in Orkney Snork Nie, sangeres en liedjieskrywer Helene Bester en akteur, sanger en danser Izak Davel.
Die regisseur van die program is Frans Swart van Lefra Kommunikasie en Bemarking.
Die wenners in die laerskole en hoërskole ding ook teen mekaar mee om die trofee as algehele wenner.
Skole kan reeds inskryf vir hierdie jaar se kompetisie, wat weer by Carnival City aangebied sal word. Optreedatums is ook reeds vir skole se eie beplanning bekendgemaak:
• Hoërskole: 14-18 Augustus
• Laerskole: 21-25 Augustus
• Finale: 11 en 12 September
Vir meer inligting, kontak Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan navrae@revues.co.za
