Local newsNews

Dokter (69) sterf vier maande na sy jarelange kollega

Die diens sal hierdie Woensdag plaasvind.

Dr Hendrik ‘Hennie’ Smit (69) is laasweek Donderdagaand dood.

Sy dood kom vier maande nadat sy vriend en kollega, dr Stephanus ‘Lang Faan’ du Preez (75) dood is.

Volgens ’n verklaring wat deur die familie uitgereik is, was Smit vir ’n kort ruk in die Life Eugene Marais-hospitaal in Pretoria.

Lees ook:

Dr ‘Lang Faan’ (75) sterf in vroëe oggendure

Hierdie geliefde man en pa het vir 41 jaar as algemene praktisyn in Kempton Park gewerk. Hy en Du Preez het saam by Drs Du Preez SPJ en Smith HJ-spreekkamers in Monumentweg 18 met toewyding na pasiënte omgesien.

“Hy sal baie deur almal gemis word,” het die verklaring gesê. “Hy was ’n man met ’n prettige sin vir humor en almal was baie lief vir hom. Sy plek in ons lewens is nou leeg.”

Hy laat sy vrou Rita en dogters Debbie en Eureka agter. Die familie het almal bedank vir hul simpatie tydens hierdie moeilike tyd.

“’n Spesiale dankie aan prof Sarkin en die personeel by die Life Eugene Marais-hospitaal se intensiewe sorg.”

’n Diens vir Smit sal Woensdag, 16 Mei om 11.30vm by die Gereformeerde Kerk Mooifontein gehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button