Local newsNews

Dr ‘Lang Faan’ (75) sterf in vroëe oggendure

Inwoners is welkom om sy begrafnisdiens by te woon

Dr Stephanus Petrus Johannes du Preez (75), beter bekend as ‘Dokter Lang Faan’, is Maandag in die vroëe oggendure oorlede.

Hy het aan longfibrose en hartversaking gely.

Nadat hy sy hospitaaljaar en weermagdiens voltooi het, het hy en sy vrou Annatjie in 1972 na Kemptonpark verhuis.

In 1996 het die egpaar ’n huis vir bejaardes geopen nadat hul oudste dogter, Lizelle, in ’n fratsongeluk dood is.

Later het Faan ’n praktyk saam met dr Hendrik Smit begin. By die Drs Du Preez SPJ en Smith HJ-spreekkamers in Monumentweg 18, het hy vir jare as ’n toegewyde gesondheidspraktisyn na sy pasiënte omgesien.

Volgens Annatjie is dit wat sy die meeste van hierdie geliefde dokter sal mis.

“Hy het ’n totale oorgawe gehad om ’n diens aan ’n pasiënt te lewer. Sy pasiënte het altyd eerste in sy lewe gekom.”

Wanneer Faan nie in sy spreekkamer doenig was nie, het hy soms ’n potjie gholf gespeel en ’n bietjie houtwerk gedoen. “Maar, hy was meeste van die tyd met sy pasiënte besig,” onthou Annatjie.

Faan laat ook twee kinders, Ruphes (46) en Colette (43), agter.

Die familie verwelkom enigiemand om die begrafnis op 19 Januarie om 10vm by die NG Gemeente Kempton-Kruin in Fiskaalstraat by te woon. Die familie vra dat geen gaste blomme sal saamneem nie.

Daar sal wel geleentheid wees om ’n donasie te maak, wat later aan ’n organisasie geskenk sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button